Burgerlike samelewings-diensorganisasie

Deel van die oplossing, of deel van die probleem?

Deur deel te neem aan ‘n plaaslike landbouvereniging kan produsente persoonlike en direkte lidmaatskap by Agri NW verkry. Sodoende kry lede kry inspraak in landbousake deur hul konstruktiewe deelname en aanvaarding van hul eie verantwoordelikhede. Lede kan ook betrokke raak by die aktiwiteite van hul plaaslike landbouvereniging asook Agri NW se spesialiteits-komitees.

Vraagstukke van nasionale belang word na Agri SA verwys om op daardie vlak hanteer en aangespreek te word. Die verskillende Llidmaatskapkategorieë maak dit moontlik vir elke produ-sent om, ongeag die omvang van die boerdery-onderneming of bedryfstak, ‘n lid van Agri NW te word.

Alle vooropbetaalde lede van Agri NW is verseker van eksklusiewe ledevoordele. Waarde-toevoeging tot lidmaatskap is vir Agri NW van kardinale belang – daarom het die organisasie ook verskeie ooreenkomste met produkte- en diensverskaffers wat deurlopend onderhandel en in stand gehou word tot direkte finansiële voordeel van deelnemende lede.

Lidmaatskapkategorieë

Wysigings aan die Lidmaatskapkategoriestatus van lede mag slegs aangebring word, indien dit jaarliks behoorlik na Agri NW-Hoofkantoor gemotiveer word vir bekragtiging tydens die proses met die suiwering van Ledelyste.

  • Daar word sterk gesteun op die grondvlakaffiliasies se integriteit en objektiewe beoordeling in die toepassing van die onderstaande riglyne.

Platinum-Lidmaatskap: (R4 039.00 BTW uitgesluit) / R4 644.85 (BTW ingesluit)

Hierdie Kategorie verteenwoordig die grootste komponent van die Kommersiële Landbousektor, ongeag die ondernemingsvorm, waarbinne dit funksioneer. Hooflede word normaalweg as die Eienaar, Besturende Direkteur, Trustee of Uitvoerende Hoofbestuurder van die onderneming omskryf. In algemene spreektaal verteenwoordig dit die primêre broodwinner of hoofverant-woordelike persoon. Jong boere wat onafhanklik van die primêre broodwinner boer, kwalifiseer ook vir hierdie Kategorie.

  • Vergunning:
    Platinum-lid wat vanweë ? ernstige finansiële terugslag nie die affiliasiegeld van die Platinum-Lidmaatskapkategorie kan bekostig nie, mag met die diskresie van die Bestuur van die betrokke affiliasie op ? jaarlikse basis verskuif word na die Goud-Lidmaatskap-kategorie. Sodra hierdie persoon dit weer kan bekostig word sy status as Platinum-lid weer herstel met die betaling van die volle affiliasiegeld.

Goud-Lidmaatskap: (R2 021.00 BTW uitgesluit / R2 324.15 (BTW ingesluit)

  • Familieboerdery:
    Indien die primêre broodwinner die vader is en as Platinum-lid betaal, kwalifiseer die seuns wat saam met hom boer, asook plaasbestuurders vir Goud-lidmatskap.
  • Boerdery-onderneming:
    Waar die Eienaar, Besturende Direkteur, Trustee of Uitvoerende Hoofbestuurder van ? Onderneming reeds as Platinum-lid betaal, kwalifiseer plaasbestuurders as Goud-lede.

Silwer-Lidmaatskap: (R1 010.00 BTW uitgesluit / R1 161.50 (BTW ingesluit)

Dit is persone wat lidmaatskap verlang en ‘n belang het by Landbouverwante-aspekte en met Agri NW wil assosieer en saamwerk.

Nota: Die Finansiële Jaar strek vanaf 1 Augustus 2023 tot 31 Julie 2024.