Burgerlike samelewings-diensorganisasie

Nuwe lede

EENMALIGE AANSPORINGSINSENTIEWE AAN GRONDVLAKAFFILIASIES VIR DIE WERWING VAN NUWE AGRI NW-LEDE

Die finansiële bestuur van Agri NW moet te alle tye binne die raamwerk van die Grondwet geskied.  Die Algemene Raad het die hoogste gesag, wanneer die kongres nie in sitting is nie.

Munisipale landbouverenigings- / plaaslike landbouverenigings wat nuwe lede werf is geregtig op 'n eenmalige aansporinsinsentief op alle nuwe lede wat vir Agri NW gewerf word in die jaar van aansluiting.

Hierdie insentief is geldig vir alle lidmaatskapkategorieë van Agri NW, naamlik Platinum, Goud en Silwer.

Affiliasiegeld word pro-rata in sesmaandelikse inkremente bereken indien 'n persoon gedurende die loop van 'n finansiële jaar aansluit.

Indien 'n persoon gedurende die eerste ses maande van 'n finansiële jaar, naamlik September tot Februarie aansluit, betaal hy die volle affiliasiegeld.

Aansluiting gedurende Maart tot Augustus word bereken teen 50% van die totale affiliasiegeld.

Hierdie kontantinsentief bedra 50% van die vasgestelde affiliasiegeld van die betrokke lidmaatskapkategorie, onderhewig aan die pro-rata bedrag wat gevorder word, afhangende van die tydstip wanneer die persoon in 'n spesifieke jaar aansluit.

Tydige oorbetaling

AGRI NW AANSPORINGSINSENTIEWE VIR DIE TYDIGE BETALING VAN AGRI NW AFFILIASIE-GELDE

Die Algemene Raad kan na goeddunke 'n 5% korting toestaan vir die tydige betaling van affiliasiegeld.

Die sperdatum vir die 5% korting bly tans onveranderd op 30 September van 'n finansiële jaar.