Beste Abattoir eienaar/Bestuurder,
KENNISGEWING: VERHOGING VAN ALLE ROOIVLEISHEFFINGS - 1 November 2017
Neem asseblief kennis dat die Statutêre Heffing op 1 November 2017 verhoog, soos gepubliseer in Staatskoerant nr. 38199 van 11 November 2014.
Die volgende funksies word deur die heffing befonds:
- Verbruikersgerustheid
- Verbruikerskomminukasie- en opvoeding
- Transformasie en ontwikkeling
- Navorsing en ontwikkeling
- Bedryfskakeling
- Produksieontwikkeling
- Voldoening aan wetgewing
- Administrasie
Die doel van hierdie kennisgewing is om u genoegsame tyd te gee om die nodige administratiewe prosesse in plek te bring. Heffingstariewe vanaf 1 November 2017: (BTW uitgesluit)
- Abattoirs:
Bees/Kalf = R10,40 per kop Skaap/Bok = R2,02 per kop
- Vleishandelaars:
R659 per jaar, wat die vleishandelaar rooivleis, rooivleisprodukte of geprosesseerde varkvleis verkoop.
- Invoerders:
R1 160 per houer of besending rooivleis en / rooivleisprodukte om ingevoer te word.
BELANGRIK:
Hierdie heffing is betaalbaar aan die heffingsadministrateur vóór die aansoek vir 'n invoerpermit vanaf DAFF. Die kwitansienommer word saam met die invoerpermitaansoek by die uitreikingsbeampte ingedien.
- Uitvoerders:
Bees/Kalf = R10,40 per kop Skaap/Bok = R2,02 per kop Huide en Velle = 2,01c per kg
- Vleisprosesseerders:
Rooivleis, Rooivleisprodukte en Varkvleis = 2,01c per kg
- Lewendehawe-agente/Makelaars:
0,102% van die totale kommissie op die verkoop van die aangewese diere.
- Huide en Velle Prosesseerders:
Geprosesseerde Huide en Velle = 2,01c per kg
- Diere waarvan die heffing verhaal is maar nie aangebied is vir slagting:
Bees/Kalf = R6,24 per kop Skaap/Bok = R1,34 per kop
Belangrik:
- Heffingsopgawevorms moet 14 dae na die einde van die maand waarin die slagtings plaasgevind het ingedien EN oorbetaal word.
- Heffings is betaalbaar op ALLE diere wat geslag word (dit sluit privaat slagtings in).
Stuur asseblief alle opgawevorms na:
- Epos: admin@levyadmin.co.za
- Faks: 012 361 2382/086 572 6206
Vir enige verdere navrae kontak ons gerus by: 012 348 7572.
Groete Mrs. A.G. Calitz
MEAT STATUTORY MEASURE SERVICES