Aangeheg vind die verslag soos ontvang van Agri SA vir u kennisname en inligting. Hierdie verslag is aan die Adjunk President van SA oorhandig en bevat ‘n sogenaamde “ executive summary” met aanbevelings wat u behoort te lees. Sien ook Agri SA se aangehegte mediaverklaring vir verdere inligting.
Daar is op versoek van Agri NW ooreengekom dat Agri SA vroeg in volgende jaar ‘n werkswinkel sal reël waartydens hierdie verslag bespreek en verdere strategieë bepaal sal word vir die hantering daarvan. Daar gaan nog baie water in die see loop voordat daar sprake van implementering kan wees. Dit sluit interne bespreking binne die geaffekteerde rolspelers se geledere, die opstel van ‘n konsep wet sowel as openbare verhore oor die onderwerp in. Dit is belangrik dat die sakesektor in geheel ook ‘n mate van eenstemmigheid sal bereik oor die standpunte wat ingeneem word en die hantering van die beoogde voorstelle. Agri NW se standpunte sal binne die NW Chamber of Commerce en Industry bevorder word om ook op provinsiale-vlak uit een mond te praat.
Agri SA sal ook eersdaags ‘n verdere opsomming aan Agri NW stuur wat na affiliasies versprei sal word en wat die implikasies vir die landbousektor sal aandui.
Intussen word u versoek om Agri NW se lede te verseker daarvan dat Agri SA met die ondersteuning van Agri NW alles in ons vermoë doen om die situasie in die beste belang van Landbou te bestuur.
Vriendelike groete
Boeta du Toit
Uitvoerende Hoofbestuurder Agri NW